Aanlyn Kursusse

Onderwys-oplossing vir 2017/2018

Vanaf 1 Januarie 2016 moet onderwysers kwalifiseer vir “CPTD”-punte. Maak hierdie uitdaging maklik en produktief. Vind uit hoe jy jou doel kan bereik deur:

  • Jou “CPTD”-punte enige tyd, enige plek aan te suiwer
  • Bewese tegnologie te ontsluit om jou doel te bereik
  • Die heel beste opleiding en ervaring in Suid-Afrika aan te wend.

Jika Communication & Training besef dat skoolhoofde en hulle spanne tydsdruk ervaar – om uitstekende skole volhoubaar te maak in ’n onderwysmilieu wat reuse knelpunte het, is ’n groot uitdaging.

Female Formal “Dus gaan Jika van Maart 2018 dieselfde kursusse wat in tradisionele formaat beskikbaar is, ook aanlyn aanbied, m.a.w. doen die kursus wanneer dit u pas!”

Die volgende kursusse is geakkrediteer met 15 VPOO- (CPTD) punte elk: (Wekswinkel formaat)

  • Getalbegrip Grondslagfase
  • Getalbegrip Intermediêre Fase
  • Strategiese Bestuur
  • Afrigting in die Onderrig- en Leeromgewing
  • Mondelingse Kommunikasie in Engels
  • Die Professionele Opvoeder
  • Tydbestuur
  • Die Taal van Wiskunde (Wiskunde is net nog ’n Taal)
  • Bemagtig jouself en verdien VPOO-punte – die PLG
  • Breuke, Persentasies en Verhoudings
  • Generasie Y

 

Generiese vaardighede vir alle onderwysers: (Aanlynaktiwiteit Tipe 1)

  • Bemagtig leerders om vir hul regte op te staan – ’n antiboelieprogram
  • Dissipline in die klaskamer
  • Diversiteit in die klaskamer

Programme vir hoërskoolleerders

  • Ready Steady Go – het ek dit wat dit neem om ’n entrepreneur te wees?
  • Staan op – ’n antiboelieprogram

Programme vir Primêre Skoolleerders

  • Staan op – ’n antiboelieprogram

Alle aanlynaktiwiteite kom in aanmerking vir SACE Tipe 1-punte.

Ons span van fasiliteerders, assessors en moderators sluit in:

Ria Mamo Ricky
  Dr Ria de Villiers  Me Mamo Matsie  Mr Ricky Davis
Martie Eurika Rensche
  Me Martie Cilliers  Me Eurika Willcock  Me Rensché Dreyer

Ander dienste deur Jika Communication & Training:

  • IQMS-oudit en gepaardgaande intervensies
  • Kursus-ontwerp om spesifieke behoeftes te bevredig
  • Vertaling en proeflees
  • Aanlynonderwyseropleiding
  • Konsultasiedienste om u skool beter te laat funksioneer

 


Vul asseblief die volgende vorm in vir meer inligting oor die aanlyn-kursusse en opleiding wat ons aanbied:

[contact-form-7 404 "Not Found"]